Welkom by die Ortodontiese Praktyk van Dr Rudie Swart

Meer Oor Ons

Ek was self as voorgraadse tandheelkunde student ‘n ortodonsie pasient en my motivering om te spesialiseer in ortodonsie het gedurende daardie tydperk ontstaan.

Ortodonsie is my passie en my werk met my pasiënte geniet die hoogste prioriteit.

Ek verbind my daartoe om te verseker dat die behandeling ‘n bevredigende ervaring in ‘n aangename atmosfeer vir my pasiënte sal wees, wat ook die lewenslange voordeel van ‘n pragtige en gesonde glimlag sal bied.

Dit is vir my hoogs bevredigend om al my pasiënte op n persoonlike vlak te leer ken en suksesvol te behandel.

Lees Meer

Ons Praktyk

Ons praktyk is geleë in die pragtige boomryke area, Annlin. Dit is ongeveer 8km noord van Pretoria se sentrale sakegebied en gerieflik toeganklik vanaf die N1.

Geleë aan die voet van die Magaliesberge, met pragtige natuurskoon en uitstekende klimaatstoestande is Annlin n baie gewilde woongebied.

Die praktyk is verder goed geleë naby skole en inkopiesentrums met voldoende en veilige parkering op die perseel. Daar is ook 24uur kringtelevisie sekuriteit gemonitor deur Zambesi Gemeenskaps Sekuriteit.

Die praktyk se gebou is opgerig en voltooi in Desember 1996. Dr Swart het self die praktyk beplan en ontwerp en die planne is gefinaliseer en voltooi deur die argiteksfirma Holm, Jordaan en Holm met Mnr Gerrit Jordaan as projekleier.

Lees Meer