Ons Praktyk

Ons praktyk is geleë in die pragtige boomryke area, Annlin. Dit is ongeveer 8km noord van Pretoria se sentrale sakegebied en gerieflik toeganklik vanaf die N1.

Geleë aan die voet van die Magaliesberge, met pragtige natuurskoon en uitstekende klimaatstoestande is Annlin n baie gewilde woongebied.

Die praktyk is verder goed geleë naby skole en inkopiesentrums met voldoende en veilige parkering op die perseel. Daar is ook 24uur kringtelevisie sekuriteit gemonitor deur Zambesi Gemeenskaps Sekuriteit.

Die praktyk se gebou is opgerig en voltooi in Desember 1996. Dr Swart het self die praktyk beplan en ontwerp en die planne is gefinaliseer en voltooi deur die argiteksfirma Holm, Jordaan en Holm met Mnr Gerrit Jordaan as projekleier.