Oor Dr Swart

Dr Swart is n boorling van die Vrystaat waar hy sy laerskooljare deurgebring het. Hy matrikuleer in 1972 aan die Hoërskool Gimnasium te Potchefstroom.
Hy behaal sy graad in tandheelkunde in 1978 aan die Universiteit van Pretoria. Dieselfde jaar trou hy met een van sy mede tandheelkunde studente, Louise van der Merwe.

Na n aantal jare in haar eie privaat praktyk, het Louise haar by Dr Swart se personeel aangesluit as praktyk koordineerder.

Helena, hulle enigste kind en dogter, studeer self tandheelkunde aan Tukkies en kwalifiseer as tandarts in 2007. Sy is tans n kliniese assistent in ortodonsie by die skool vir tandheelkunde, Universiteit van Pretoria.

Dr Rudie se wye reeks belangstellings en stokperdjies strek van fotografie, natuurlewe en boogskiet, tot by die ywerige versameling van ‘Dinky Toys’ skaalmodelle en perdesport.

Helena, sy dogter, was vir n aantal jare lid van die nasionale S.A. Saalperd ruiterkuns span en vandaar sy betrokkenheid by hierdie fassinerende perdesport.